Vuurperd (astrologie)

丙午

Die Vuurperd (丙午, bǐngwǔ) is die 43ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die derde Hemelstam (丙, bǐng; die element Vuur en Jang) met die sewende Aardtak (午, ), gesimboliseer deur die Perd (馬, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurperdjaar het in 1966 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 21 Januarie 1966 tot 8 Februarie 1967.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search